Momberg, H.L.J. – Jona & Haggai

R40,00

2 in stock

SKU: BK_L7LJF322 Categories: , ,

Description

In hierdie bundel vind u preke vanuit die bekende historiese profesie van Jona asook uit Haggai, die Reformator. Om die leser en hoorder effektief te bereik en te beweeg, funksioneer die betroubare Woord van die Here soos ’n prikkel wat die ou natuur laat afsterf en die nuwe mens in Christus laat opstaan. Dis die asem van die Here wat ons tot daadkrag aanblaas. Ongeag die eeue wat ons vandag verwyder is van die ontstaanstye van hierdie profesieë, is en bly God se lewewekkende verhouding met diegene wat Hy liefhet deur al die eeue heen, onveranderlik gegrond op dieselfde beginsels van sy verbond soos wat dit by die mense wat in hierdie profesieë ingeskakel is, verwerklik is. Dit is immers heilshistorie en tegelyk praktiese oproepinstruksies van die HERE en nie kunstig verdigte fabels nie. Dit is juis die teken van Jona (’n verrassing vir die Skrifkritici) dat hy nie ’n fabel is nie, maar gedokumenteerde openbaring van God se werklike heilswerk in lewens van werklike mense. Daarom het Jesus dit as ’n verkondiging van die werklikheid van sy eie heilswerk op Homself betrek. Terselfdertyd is Haggai ’n sprankelende geloofsheld wat met sy positiewe visie op die kragtige teenwoordigheid van God by sy volk, hulle uit hulle moedeloosheid optel en aan die werk sit. Dit is my bede dat u by die lees en voorlees van hierdie preke, by onse alleenwyse God tereg sal kom, wat vandag nog net so werklik is en dieselfde is as met Jona en Haggai, want alles is oop en bloot voor Hom met wie ons te doen het en aan wie ons almal rekenskap moet gee.

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.