Floor, L – Uit die skatkamer van die Koninkryk

R140,00

9 in stock

SKU: BK_Q2ZMG285 Category:

Description

Die titel van hierdie bundel is ontleen aan woorde van Jesus wat Hy tot sy leerlinge gerig het. In Matteus 13:52 spreek Jesus oor sy koninkryk. Hy verduidelik dat daar in sy ryk ’n skatkamer is. Jesus gebruik vir skatkamer die woord thèsaurou waar ons woord tesourie van afgelei is. Die skatte wat in daardie kamer opgestapel lê, noem Jesus “nuwe en ou dinge”. Dit is dus “dinge” van die koninkryk. Met die “ou dinge” word bedoel alles wat in die Ou Testament in die wet en deur die profete verkondig is. Die “nuwe dinge” is alles wat met die koms van Jesus op aarde deur Hom as sy verlossingsboodskap bekend gemaak is. Wanneer die dissipels as leerlinge van Jesus gaan optree, sal hulle uit die groot voorraad die skatte van die koninkryk te voorskyn bring. Nie alleen moet die “nuwe dinge” verkondig word nie, ook die “ou dinge” moet bekend gemaak word. Dit sal vir ons duidelik word wanneer ons dink aan die ou gesegde: “Die Nuwe Testament is in die Ou Testament verborge en die Ou Testament kom in die Nuwe Testament tot openbaring.” Daarom vind die leser in hierdie bundel preke uit beide Testamente. Mag hierdie bundel onder God se seën ’n indruk gee hoe ryk die hemelse skatte is wat in die skatkamer van die koninkryk vir ons uitgestal is.

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.