Floor, L – Jakobus

R180,00

29 in stock

SKU: BK_B3UYH283 Category: Tags: ,

Description

Jakobus: Hierdie brief is ryk aan inhoud en sierlik van styl. As oudste dokument van die Christelike kerk bring hierdie brief ons baie naby aan die bron van die Christendom. Met Jakobus se brief voor ons staan ons tussen Jesus se prediking en die skriftelike dokumentasie van sy optrede en verkondiging in die evangelies. Nog voordat hierdie skriftelike dokumentasie plaasgevind het, het Jakobus alreeds dit wat Jesus in die bergrede verkondig het, toegepas op die kerklike situasie soos wat hy dit in sy tyd ervaar het.

In Jakobus se brief vind ons heelwat inligting oor die toestand van die vroeë kerk. Die probleme waarmee hierdie kerk geworstel het, toon vele ooreenkomste met die problematiek van die kerk van vandag. Kenmerkend van Jakobus se brief is dat ‘n groot aantal konfliksituasies genoem word, soos byvoorbeeld partydigheid (2:1–13), die verwoestende uitwerking van die tong (3:1–12), die stryd om voorrang (3:13–18), veroordeling van ander (4:11–12) en die uitbuiting van die sosiaal mindere deur die ryke (5:1–6). Hoeveel van hierdie konflikmateriaal lê nie vandag nog opgehoop in en rondom allerlei kerk- en geloofsgemeenskappe nie?

Dit is die doel van hierdie kommentaar: om hedendaagse lesers te help om die oorspronklike betekenis van hierdie brief te herontdek. (Ook in Nederlands beskikbaar)

Preekbundels deur L. Floor

Bybelstudiemateriaal deur L Floor

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.