Description
Jona & Haggai
Hierdie bundel bevat preke vanuit die bekende historiese profesie van Jona asook uit Haggai, die Reformator.
Dit is juis die teken van Jona (’n verrassing vir die Skrifkritici) dat hy nie ’n fabel is nie, maar gedokumenteerde openbaring van God se werklike heilswerk in lewens van werklike mense. Daarom het Jesus dit as ’n verkondiging van die werklikheid van sy eie heilswerk op Homself betrek. Terselfdertyd is Haggai ’n sprankelende geloofsheld wat met sy positiewe visie op die kragtige teenwoordigheid van God by sy volk, hulle uit hulle moedeloosheid optel en aan die werk sit.
Dit is my bede dat u by die lees en voorlees van hierdie preke, by onse alleenwyse God tereg sal kom, wat vandag nog net so werklik is en dieselfde is as met Jona en Haggai, want alles is oop en bloot voor Hom met wie ons te doen het en aan wie ons almal rekenskap moet gee.
Reviews
There are no reviews yet.