Meijer, G.J. – Twaalf maal geseënd

R115,00

10 in stock

SKU: BK_U5GVK314 Category:

Description

Jakob se seëninge vir sy twaalf seuns is stuk vir stuk profesieë wat in Christus hulle vervulling vind en op die kerk van Jesus Christus besondere betrekking het. By die aanhoor van die seëninge kom ’n mens diep onder die indruk van die profetiese vergesig waarmee die Gees van God die sterwende aartsvader, Jakob, begenadig het. Elke woord wat Jakob op sy sterfbed uitspreek, wys op die HERE se ryke verbondsgenade, sy dwingende verbondseise, en onlosmaaklik daaraan verbind, sy regverdige verbonds-oordele. Die toepaslikheid van die seëninge op ons kerk-wees in die 21ste eeu is onmiskenbaar, duidelik en op die man af. Die doel waarmee hierdie preekbundeltjie uitgegee word, is drieërlei: dit kan gebruik word vir voorlesing tydens eredienste; dit kan as Bybelstudie-riglyn dien (met die oog daarop is enkele tekste aan die einde van elke preek toegevoeg wat dien as ’n verwysingsraamwerk vir verdere studie); en dit kan vir huis- en/of persoonlike godsdiens gebruik word. Dit is my bede dat die lees van die preke mag dien tot vermeerdering van God se eer en tot opbou van ons geloof.

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.