Rusinov, Yavor – Ewige Beginsels

R240.00

2 in stock

SKU: BK_M2G8R3415 Category:

Description

Ewige Beginsels om suksesvolle kinders groot te maak

“Hierdie boek is ’n lokval! Ek moet jou waarsku voordat jy nog die boek oopmaak. Ek begin nie net met hierdie waarskuwing omdat dit waar is nie, maar ook omdat die gemiddelde leser die gewoonte het om die inleiding oor te slaan en dadelik met die eerste hoofstuk te begin (tot onlangs ook my gewoonte). In ekonomiese terme het ek kompetisie, daarom moet ek terugval op die gebruik van ’n literêre tegniek waarvoor iemand soos George Orwell baie lief was – ’n eerste reël wat skok – om jou aandag vir ’n paar sekondes te kry om oor ’n paar van my wyshede na te dink. Dit is ’n lokval vir ouers wat dink hierdie boek is ’n handige, maar oor die algemeen eenvoudige en oppervlakkige so-maak-jy-handleiding om kinders groot te maak. Om die waarheid te sê gaan jy in hierdie boek van Yavor Rusinov soveel meer kry – ’n verhaal oor die fundamentele Bybelse beginsels vir die lewe wat nie vir ’n oomblik hoef terug te staan vir dié van Jordan Peterson nie. Dit bied ’n holistiese sosio-politieke wêreldbeskouing gewortel in die voortreflikste tradisies van die klassieke liberalisme en Amerikaanse konserwatisme, kunstig verweef met verhale uit die regte lewe, akademiese navorsing en opmerkings oor dit wat in die kulturele werklikheid waargeneem word. Ewige beginsels om suksesvolle kinders groot te maak is ’n lokval omdat dit jou dwing om ernstige vrae oor jou eie standpunte en optrede te vra. Dit gaan jou in ’n soortgelyke situasie as Neo van die fliek The Matrix plaas, waar jy gedwing gaan word om tussen gerieflike onkunde (die blou pil) en ongemaklike waarheid (die rooi pil) te kies. Yavor gaan jou uitdaag met betrekking tot temas soos waagmoed en persoonlike verantwoordelikheid, risiko’s en werksetiek, die rol van die regering en belasting. Hierdie publikasie deurklief selfs die intellektuele seepborrels van burokratiese sosialisme, moderne feminisme, verbruikersmentaliteit en die mite van ’n gratis middagete. Wees dus versigtig, liewe leser, want ek weet nie hoe jy dit gaan regkry om dit met ’n geruste hart te verduur dat jou kinders selfs net vir ’n enkele dag aan die opvoedingstelsel van die staat blootgestel word nadat jy hierdie boek gelees het nie. Daar is sekere kennis wat, as jy dit eers het, nie deur dié met ’n gesonde verstand en ’n sterk gees geïgnoreer kan word nie. Dit is hierdie soort kennis wat tussen die bladsye van hierdie boek vir jou wag. Ek eindig met ’n belydenis. Toe ek die eerste weergawe van die boek gelees het, het ek ingestem om hierdie inleiding te skryf omdat Yavor se boek vir my persoonlik ’n belangrike taak sou verrig. As iemand na my toe kom, moedeloos sug en vra hoe ons die wêreld kan red, kan ek die boek aan hom gee en doodeenvoudig antwoord: ‘Hierdie boek is ’n goeie begin.’” Stoyan Panchev, stigter en voorsitter van die Bulgaarse Libertynse Gemeenskap

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.