Naumann, W – God & Geld

R495,00

1 in stock

SKU: BK_SS46M2100 Categories: ,

Description

God & Geld

Bybelse beginsels vir finansiële vryheid.

Hierdie is ‘n ‘waarom moet ek my geld reg bestee?’ asook ‘n ‘hoe doen ek dit?’ boek. Ek skryf hierdie boek oor vier redes, en die hoofstukke is in hierdie vier gedeeltes onderverdeel. Die doel van die boek is finansiële gesondheid; hoe om met geld te werk, asook hoe om die regte verhouding teenoor geld en besittings te verkry.

Die eerste stap om dit te bereik is om beheer te neem oor jou inkomstes en uitgawes. Dit word bereik deur middel van ‘n begroting, maar selfs meer belangrik; ‘n alternatiewe finansiële filosofie. Alles wat jy nodig het om jou finansies gesond te kry – en in lyn te bring met God se Woord – word in die vier gedeeltes van hierdie boek saamgevat.

“Die uitstaande kenmerk en merkwaardigste aspek van hierdie boek is die duidelike en geldige Bybelse gefundeerdheid van die hele boek. In ‘n era waarin ‘n mens gereeld vanuit sekere kringe gebombardeer word met ‘n skeefgetrekte ‘Voorspoedsteologie’, bring heirdie boek verantwoordelike Bybelse begronding oor die onderwerp. … Hierdie boek is veerl meer as boeiende leesstof oor ‘n saak wat elke mens raak – dit kan as handleiding vir die lewe bestudeer word.” – Dr. Isak Burger

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.