Description
Die A-Z van Openbaring
Leef ons in die eindtyd? Hierdie vraag het belangstelling in die boek Openbaring die afgelope dekades geweldig laat toeneem. Tegnologiese vooruitgang, oorloë en geweld, hongersnood, aardbewings en klimaatsverandering lei al hoe meer mense om antwoorde in Openbaring te soek.
In Die A-Z van Openbaring: ’n Allesomvattende perspektief op die boek Openbaring gee prof. Jan du Rand ’n omvattende uiteensetting van Openbaring. Hy fokus veral op die volgende aspekte:
• Wanneer Openbaring geskryf is
• Die doel van die boek Openbaring
• Openbaring as ’n brief aan sewe gemeentes, ’n profesie en ’n apokalips
• Die beelde in Openbaring en hulle betekenis
• Die rolspelers in Openbaring
• Betekenis van die verskillende tekens.
Reviews
There are no reviews yet.