Nothnagel, J – Ons eie Kleuterbybel (Tweedehands)

R120,00

Out of stock

Description

Ons eie Kleuterbybel het ten doel om die blye boodskap van die evangelie te vertel. Dit is dus nie saamgestel uit los Bybelverhale nie, maar wil die draad van die heilsgeskiedenis deurtrek van Genesis tot Openbaring met die vooruitsig van die nuwe hemel en die nuwe aarde.

Hiervoor is 107 verhale gekies en daar is probeer om dti so eenvoudig moontlik oor te dra, sonder om die Woord van God te verwater. Elke verhaal word afgesluit met ‘n kort gebed.

Volkleur illustrasies wat poog om so outentiek moontlik te wees. As hulpmiddel is daar agerin enkele aantekeninge wat sekere heilshistoriese feite in verband met die illustrasies verduidelik.

Ter wille van die kleuter word die voorstelling van Christus in Ons eie Kleuterbybel as “Seun van die mens” gemaak. As sodanig word Hy na sy menslike natuur voorgestel. Die bedoeling is allermins om die goddelike Persoon af te beeld terwyl dit tog volledig in stryd emet die Skrif sou wees.

Ons wil graag help om die opdrag van ons Here Jesus Christus uit te voer: Laat die kindertjies na My toe kom …

Ander Kleuterbybels

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.