Ingwersen, G – Die Bybel oorvertel vir oud en jonk

R390,00

1 in stock

SKU: BK_7I641222 Category:

Description

Die skryfster het uit byna alle Bybelboeke vertellings gekies, met uitsondering van ‘n paar profete en die briewe in die Nuwe Testament. Dit maak hierdie vertelboek uiters geskik om die eenheid van die Ou en Nuwe Testament duidelik te maak. Veral die uitsien na die koms van die Messias, so dikwels genoem in die Ou Testament, kry baie aandag. Die Ou en Nuwe Testament hoort bymekaar, en moet beide gelees word om die Bybel te kan verstaan. Mens kom onder die indruk van die groot en heilige God, wat barmhartig en genadig, maar ook regverdig is. Hierdie is beslis ‘n boek om in u kinders se hande te gee of daaruit vir hulle voor te lees. U en u kinders kan dit ook gebruik vir Bybelstudie, vir kategese en vir evangelisasie. Onderwysers sal die boek baie geskik vind om te gebruik vir die voorbereiding van Bybellesse.

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.