GKSA – So bely en leef ons …

R325,00

8 in stock

Description

So bely en leef ons is nie maar net nog ‘n boek met dagstukkies nie. Dit handel spesifiek oor die belydenisskrifte van die Gereformeerde kerke – die Heidelbergse Kategismus, die Nederlandse Geloofsbelydenis en die Dordtse Leerreëls – en het oorspronklik deel uitgemaak van die Almanak van die Gereformeerde kerke in Suid-Afrika 2005. Waar dwalinge daagliks hand oor hand toeneem, is dit baie belangrik dat ons die suiwere leer van God se Woord – soos vervat in ons belydenisskrifte – sal ken. Gelowiges moet voortdurend met die waarheid toegerus en bewapen word. Waaruit spreek die waarheid duideliker as juis uit die belydenisskrifte? Die Bybel is die onfeilbare Woord van God en die enigste geskrif wat Goddelike gesag het. In die belydenisskrifte word die waarheid van God se Woord deur die kerk onder leiding van die Gees gelowig “nagesê”.

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.