Denkema, F – Om met God te praat

R185,00

7 in stock

SKU: BK_2443Y273 Categories: ,

Description

In Om met God te praat neem prof. Denkema die leser op ’n reis deur die Psalms. Elke psalm word onder die loep geneem en met elke psalm word daar perspektiewe gegee hoe hierdie psalm deur die gelowige gebid kan word. Elke psalm beskryf iets van die gelowige se lewenswandel met God en elke emosie word in die Psalms verwoord. Hierdie bydrae bring juis dit na vore en lei die gelowige om in elke emosie wat beleef word, die aangesig van God te soek. Twee besondere eienskappe van hierdie bydrae verdien om uitgelig te word. Die eerste is dat dit ’n fokus plaas op die Christologiese lees en verstaan van die Psalms. In die woorde van die skrywer: “In ’n sekere sin moet jy die betrokke psalm eers na Jesus Christus neem, en as jy dit nie vanuit Hom en sy evangelie vertolk nie, dwaal en verdwaal jy totaal. Slegs deur die koms en kruis en opstanding van Jesus het alles waarheid en werklikheid geword.” Die tweede eienskap is dat die missionêre perspektief van die Psalms uitgelig word. Die Psalms kom digby die lewenservaring van mense wat God nog nie ken nie of na Hom op soek is. In die bespreking van die Psalms word hierdie saak telkens aangeraak.

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.