Vorster, J.M. – Menswaardigheid, versoening en vergiffenis

R50,00

5 in stock

SKU: BK_Z8X8D1107 Category:

Description

“Christene in Suid-Afrika het oor die afgelope twee dekades groot verandering beleef. Nie net het die politieke bestel in die land ingrypend verander nie, maar die grootste sekularisasieproses in die geskiedenis van die land het in spoed en omvang toegeneem. Die Westerse humanisme het in die kort tyd van twee dekades hand oor hand toegeneem en baie fundamentele sake van die Christelike lewensvisie en kultuur aangetas. ‘n Nuwe grondwetlike bedeling is ingestel met die klem op menseregte en alles wat daarmee saamgaan. Daarbenewens het konsepte soos herstellende kwytskelding van regsaanspreeklikheid van mense wat aan wandade in die verlede skuldig was gelowiges tot nadenke gestem. In hierdie boek word oor ‘n paar temas besin wat in die veranderingsproses opduik. Dit is die begrippe menswaardigheid, vergifnis en versoening. Hierdie begrippe is bekend in die Christelike tradisie. Trouens, vergifnis en versoening is uit en uit van Christelike oorsprong. In die regstaat-denke van die huidige Suid-Afrikaanse konteks word die Christelike begrippe egter anders gedefinieer, naamlik in ‘n sosio-politieke milieu. Wat beteken menswaardigheid, versoening en vergifnis in ‘n sosio-politieke konteks?”

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.