Meijer, J.W. – So wyd soos die Wêreld

R270,00

14 in stock

SKU: BK_LGG8S319 Category:

Description

Die Christendom is oor die hele aarde bekend. Daar mag dalk nog enkele plekke wees waar die evangelie nog nie, of onvoldoende, deurgedring het nie, en in ander lande het ná die kerstening ook ontkerstening ingetree, maar in die algemeen het die Woord van God die eindes van die aarde bereik. In die Openbaring aan Johannes verseker Jesus ons tot vier maal toe dat Hy spoedig kom. En nou, omtrent 2 000 jaar later, het Hy nog steeds nie gekom nie. Dit lyk teenstrydig maar dit is nie die geval nie. Die woord spoedig of haastig laat ons in die eerste plek dink aan ’n kort tydsduur, maar daar is ook ’n ander betekenis in die woord. Dit kan ook gebruik word om aan te dui dat met alle insette aan die voltooiing van ’n taak gewerk word. Geen oomblik word vermors nie en alles moontlik word ingespan om die taak af te handel. Die geskiedenis van die verspreiding van die evangelie oor die aarde heen is die verhaal van hierdie geweldige inspanning, opoffering, toewyding en martelaarskap waarmee die werk gedoen word. Jesus is haastig om sy koninkryk te openbaar, maar dit is ’n saak van inspanning, intensiteit en stryd. Hierdie boek wil ’n eerste kennismaking bied met dié indrukwekkende verhaal. Geen mens is in staat om die geheelbeeld te verstaan of weer te gee nie, maar selfs die sterk vereenvoudigde weergawe beïndruk ’n mens.

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.