Meijer, J.W. – Op die stoel van Petrus

R85,00

11 in stock

SKU: BK_B2P27315 Category:

Description

Die pous van Rome is bepaald nie ’n onderwerp wat onder Protestante algemene belangstelling geniet nie. So nou en dan kom die pous in die nuus en sal ons met ’n mate van nuuskierigheid kyk. Die huidige pous Franciskus kom selfs redelik simpatiek oor. En het hy ook nie ter geleentheid van die herdenking van die Reformasie welwillende opmerkings gemaak ten opsigte van Luther en sy optrede nie? Sommige mense was selfs hoopvol dat ’n gesprek met Rome moontlik kon realiseer. Wat sou ons in ’n dergelike gesprek aan die orde stel? Stellig sake soos die Roomse mis, die leer van die sakramente, die verering van Maria en die heiliges, die leer van die goeie werke, die vaevuur en so meer. Genoeg stof vir ’n ernstige debat! Dit is selfs nie onmoontlik nie dat Rome op sekere punte bereid sou wees om afwykende menings te akkommodeer. Binne die wêreldwye Roomse kerk is daar tog reeds heelwat variasie. Daar is egter één punt waaraan Rome onwrikbaar vashou: die posisie, rol en verhewenheid van die pous. Hy is die hoof van die Christenheid, of die nie-Roomse gelowiges dit nou erken of nie. Wat die Roomse kerk betref is die erkenning van die pousdom ’n absolute voorvereiste vir enige betekenisvolle gesprek.

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.