Description
Die Buiter-reeks beskryf die opwindende avonture van ‘n man wat ‘n merkwaardige dubbele lewe gelei het. Hy word gereken as die rykste edelman aan die Kaap, maar snags sit die oënskynlik ledige en verveelde graaf De Moreaux sy masker op. “Jean is bewus van die swaardpunt wat op hom afkom. Die skerp punt is teen sy bors en dit voel of dit sy hart deurboor, maar daar is nie pyn nie. Paul het ‘n tree teruggeval. Verbysterd besef Jean dat hy Paul se swaard met ‘n geweldige swaaihou van hom af weggekap het en dat dit net rakelings ‘n sny in sy vel gemaak het. So hard was die hou dat dit Paul van balans geruk het en byna die swaard uit sy greep geslinger het. Instinktief spring Jean van die muur af weg en by Paul verby. So vinnig voer hy die beweging uit dat Paul skaars tyd het om homself om te draai voordat Jean feitlik agter hom te staan kom. Jean kan nog nie verstaan wat gebeur het nie. Miskien was dit ‘n refleksbeweging toe hy die hou afgeweer het, omdat hy instinktief besef het dat die swaard hom sou deurboor. Maar dit voel vir hom asof ‘n krag van buite sy arm onwillekeurig beheer het. Met die omspring kyk hy weer vlugtig na Willa. Haar oë is oop. Hy lees verligting en bewondering daarin.”
Reviews
There are no reviews yet.