Meijer, J.W. – Van Ballingskap tot verstrooiing

R85,00

8 in stock

SKU: BK_S3117321 Category:

Description

Hierdie boek wil ’n kort oorsig bied van die belangrikste aspekte uit die geskiedenis van Israel tussen die ballingskap van ongeveer 600 jaar voor Christus tot die finale verstrooiing van Israel meer as 100 jaar ná Christus. Behalwe die bepaalde tydperk van die onderwerp is daar nog ’n tweede beperking: Daar word gefokus op die deel van die Joodse volk wat in die land Kanaän gewoon het. Die Jode wat in Mesopotamië, Egipte en ander gebiede gebly het – hul getalle moet nie onderskat word nie – kom slegs ’n enkele keer aan die orde. Hierdie boek bevat geen Bybelse geskiedenis nie, maar gee – so ver bekend – die agtergrond en die ontwikkeling van die Joodse geskiedenis oor die genoemde tydperk. Daar word uiteraard oor profesieë, persone en gebeurtenisse wat ook in die Bybel vermeld word, gepraat. In sulke gevalle word die Bybelse gegewens nie volledig oorvertel nie maar kortliks vermeld of deur middel van die betreffende Bybelgedeeltes aangedui.

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.