Meijer, J.W. – Tussen Hamer en Aambeeld 3: Die Moderne tyd

R115,00

1 in stock

SKU: BK_HS2JQ320-3 Category:

Description

Dit is ‘n lees- en leerboek om in gesinne, by kategese, op skool en studieverenigings te gebruik. ‘n Leesboek wat in ‘n deurlopende verhaal ‘n eerste kennismaking met die kerkgeskiedenis bied. Maar terselfdertyd ook ‘n leerboek waarin talle uitstappies onderneem word. Hierdie uitwydings – perspektiewe genoem – bevat verdere inligting oor persone en gebeurtenisse; daarin word verbindingslyne na voorafgaande of latere gedeeltes getrek, en verder word daarin so nou en dan ‘n klip in die bos gegooi. Dit word gedoen om die kerkgeskiedenis nie net as ‘n verhaal oor die verlede te hanteer nie, maar om dit ook op die hede te betrek. ‘n Diskussie na aanleiding van die kerkgeskiedenis help om die eie tyd en stryd te verstaan. Dikwels word ons eie vorme en gewoontes as normatief hanteer, terwyl daar geen werklike grond vir die standpunt is nie. Dit beteken nie dat die gewoontes daardeur veroordeel word nie, maar dit is wel gesond om die relatiewe waarde daarvan te besef. Dit behoort ons des te meer te prikkel om die kerkgeskiedenis verder te bestudeer.

  •   Deel 1: Algemene Kerkgeskiedenis tot 1300
  •   Deel 2: Die Reformasietydperk
  •   Deel 3: Die Moderne tyd
  •   Deel 4: Suid-Afrikaanse kerkgeskiedenis

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.