Meijer, J.W. – Die Armes van Lyon

R140,00

14 in stock

SKU: BK_93174316 Category: Tag:

Description

Alhoewel die naam van die Waldense in meeste kerkgeskiedenis-handboeke genoem word, is hul geskiedenis ’n redelik onbekende onderwerp. Daar word selfs gevra of hulle ooit nog bestaan, hulle is mos indertyd in opdrag van die pous deur ’n kruistog uitgeroei? Ja, die poging is onderneem, maar nooit voltooi nie en die Waldense het gevolglik eeuelank ’n teruggetrokke bestaan gelei in die Alpedale van Noord-Italië. Tog het hul geskiedenis ook sy aanskoulike hoogtepunte gehad. En so het die Waldense, onopgemerk, ’n veertigtal jare vóór die 500-jarige herdenking van die Reformasie, hul eie 800-jarige bestaan gevier. Om meer te lees oor die geskiedenis van die Waldense is verrykend. Dit toon iets van die veelkleurigheid van God se aardse Koninkryk, gee vergelykingspunte met ons eie geskiedenis en leer ons wat hulle as prioriteite gestel het. Die verhaal verskerp die beeld van die verbreiding van die evangelie deur die eeue. ʼn Mens kan met tye selfs jaloers raak wanneer ons lees van volharding onder die moeilikste omstandighede, geesdriftige evangelisasie, oor tradisie wat gekoester word sonder om dit te verabsoluteer. Hoewel gebeurtenisse met betrekking tot die Waldense die onderwerp van hierdie boek is, kom aspekte van hul leer en leefwyse ook ter sprake.

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.