Volg hulle geloof na

R150,00

2 in stock

Description

Volg hulle geloof na: Geloofskarakters uit die Skrif – 365 Bybelse dagstukkies.

Die Bybel kan beskryf word as die geskiedenis van God se omgang met die mensdom. Hierdie Goddelike “omgang” is nie ’n algemene omgang nie, maar ’n besonderse en veral persoonlike omgang. Daarom is die Bybel gevul met die geskiedenis van God se omgang met spesifieke mense. In hierdie dagstukkies bestudeer ons sy omgang met twaalf spesifieke persone: Abraham, Jakob, Josef, Moses, Samuel, Dawid, Salomo, Daniël, Johannes, Petrus, Paulus en Jesus Christus.

In hierdie Bybelkarakters se lewens ontdek ons onsself. Ons ontdek dat God middellik werk en swakke en sondige mense in sy diens gebruik. Jy hoor die weerklanke van die evangelie reeds in die eerste boek van die Bybel. Ons vind ook skaduwees van die Messias in hierdie Bybelkarakters se optrede en woorde. In elke karakter se lewe staan die genade van God voorop en herinner ons dat daar selfs vir die grootste bedrieërs, leiers met voete van klei en volgelinge wat hul Here verloën, oorvloedige en reddende genade is.

Titel

Die titel: Volg hulle geloof na, is uit Hebreërs 13:7 geneem. Dit moedig ons aan om ons geloofsvoorgangers te gedenk deur hul lewens te bestudeer. Die gevaar is groot dat ons hulle bloot as navolgenswaardige voorbeelde beskou, terwyl Hebreërs ons eintlik leer om hul “geloof” na te volg. Wat hulle as geloofshelde laat uitstaan, is hul geloof in Jesus Christus (vgl. Hebr. 11:13). Daarom sluit ons studie af met Jesus Christus – die enigste “Navolgenswaardige”. Hy is egter veel meer as ’n navolgenswaardige voorbeeld. Wie nie deur die geloof aan Hom verbind is nie, sal uiteindelik nie soos Hy kan wees nie.

Hierdie Bybelse dagstukkies wil gelowiges aanmoedig om, soos hul geloofsvoorgangers, vanuit God se genade en deur die geloof in Jesus Christus te leef. Dit is die enigste manier waarop ons self spore kan trap wat die moeite werd is om deur ander gevolg te word: Wees my navolgers, soos ek dit ook van Christus is (1 Kor. 11:1).

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.