Radlof, Gerrie – (2) Lank lewe die Buiter

R175,00

4 in stock

SKU: BK_3MH181248 Category:

Description

Hy weet dat hy in sy swart mondering onsigbaar in die donker sal wees, maar hy sal teen die dowwe maanlig gesien word as hy om die hoek in die poort gaan. Hy stamp sy voet liggies op die grond en klem sy pistoolloop in sy regterhand vas. Binne-in die gang hoor hy ’n skuifeling. Dan volg stilte. Iemand luister aandagtig.

“Wie is daar?” Stilte. Hy hoor voetstappe wat versigtig naderkom. Hulle is net om die hoek van hom af. Hy probeer sy oë rek om meer lig in te laat. Sy ondervinding van strooptogte in die nag, toe hy nog ’n voortvlugtige was, kom hom goed te pas. Hy sal die man sien sodra hy uit die poort kom en hyself sal onsigbaar teen die muur wees. Stadig kom die loop van ’n geweer te voorskyn. Dit is genoeg vir Jean. Hy spring soos ’n kat wat deur staalvere vorentoe geskiet word. Sy pistoolkolf tref die man agter sy nek. Die Buiter vang die slap liggaam in sy een arm en gryp die geweer met die ander.

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.