Keller, W – Die Bybel is tog reg

R100,00

1 in stock

Description

Die wetenskap bewys die geskiedkundige juistheid van die Bybel deur Argeologiese opgrawings!

Die boek is ‘n betroubare gids tot die Bybelse argeologie. Die skrywer neem ‘n mens saam op ‘n opwindende speurtog. Hy vergesel argeoloë uit talle lande wat vanaf die vroeë jare van die 19de eeu tot in ons eie dekade die legkaart van onbeantwoorde vrae oor die Bybel se historiese juistheid stuk vir stuk begin voltooi het. Hiervoor het hul staatgemaak op die opspraakwekkende ontdekkings in die Nylvallei, die Sinaiwoestyn, aan die barre kus van die Dooie See en by die eeue-oue stede van die Heilige land. Op boeiende wyse vertel die skrywer van argeologiese opgrawings wat die Bybel in perspektief plaas. Dit toon ook dat die Bybel op werklik geskiedkundige gebeurtenisse berus. Meer as vyftig bladsye foto’s (waarvan sommige in kleur is), asook talle tekeninge en kaarte verhoog die waarde van hierdie boek vir elkeen wat die Bybel beter wil leer ken.

Oorspronklik in 1956 uit Duits vertaal as: “Die klippe het dit uitgeroep!”. In  1982 in noue oorleg met Prof. FC Fensham opnuut hersien en uitgebrei.

Skakels:

 

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.