Description
Die Koninklike weg – Ewald Gosker
Vir die oordeelkundige Christenleser, sou die boektitel by eerste oogopslag al die vraag wek of dit na iets meer verwys as net ‘n roete wat die koning bepaal. Die verhaal handel oor ‘n gesin wat 3 generasies beslaan: oupa, seun en kleinseun. Dit speel af teen ‘n fiktiewe oproep van die Koning wat na sekere mense uitgestuur is. Die verhaal vertel hoe hierdie 3 mense die oproep hanteer en benader, hoe hulle die pad loop en die reis aanpak.
Op ‘n baie eerlike, leesbare manier, word die reis beskryf: die keuses, die swaarkry, die troos en glorie. En in die vertelling sal die kritiese leser homself, sy eie lewensreis en lewensworstelinge herken.
Indien daar ‘n voorleeskultuur in huisgesinne bestaan, is hierdie boek ‘n uitstekende verhaal vir ouers om voor te lees, jonger kinders sal die avontuur geniet. Ouers sal met ouer kinders die dieper betekenis kan bespreek.
Reviews
There are no reviews yet.