Description
Boodskap vir die Buiter
Die sewende Die Buiter-boek is weereens ’n verhaal propvol spanning en opwinding. In hierdie boek gaan dit oor Hendrik Bierman, ’n regeringsamptenaar, wat in die geheim ook skeepsplunderaar is. Hy is kop in een mus met Sarel van der Hooft, ’n edelman en ’n skurk. Dan is daar Betta Fourie, eienares van die rustige pragplaas Môrester en haar broertjie, Dawie. Natuurlik is daar ook nog die Buiter, die gevreesde ridder van die nag en sy swart perd, Rower. Hulle is die hoofkarakters in ’n reeks gebeurtenisse wat begin by ’n skip wat moet strand en eindig in ’n muwwerige tonnel onder ’n ou slawehuis.
Reviews
There are no reviews yet.