Roux, Liza M. – Voetspore in die Fynbos

R160,00

8 in stock

SKU: BK_3KD52235-1 Category: Tags: ,

Description

Voetspore in die Fynbos i is ʼn 3-in-1 boek, propvol feite en aktiwiteite en ʼn lekker-lees storie met kleurvolle illustrasies.

Die boek is geskryf in samewerking met die Cape Leopard Trust en Suid-Afrikaanse illustreerder, Judy Maré. Dit is ʼn 68-bladsye boek. Dit bestaan uit die storie van Leeto die luiperd se soeke na ʼn maat, ʼn 12 bladsy feite afdeling saamgestel deur die navorsers by die Cape Leopard Trust en ʼn heerlike 16-bladsye aktiwiteitsafdeling. Die boek is gemik op ouderdomme 6-12, maar word geniet deur alle ouderdomme. Dit is die perfekte tuisleesboek, klaskamer hulpbron en langvakansie besighou-boek.

Dit was heerlik om die storie te skryf oor Leeto die luiperd. Ek kon myself verbeel hoe hy grasieus deur die Kaapse fynbos stap, tipies kat en het my ingeleef in die storie met diere karakters wat hy ontmoet op sy pad. Diere soos Spyker die Ystervark, Rita die Rooikat en Katrien die Kaapse Kobra sorg vir hope vermaak en hou die lesers op hul tone.

Luiperds is ikoniese diere vir ons Suid Afrikaners en dikwels op ons lysie van moet-sien diere wanneer ons Nasionale Parke besoek. Hulle is soms ontwykend en baie geheimsinnig en dis geen wonder dat ʼn groot deel van die Cape Leopard Trust se navorsing staatmaak op die gebruik van bewegingsgeaktiveerde veldkameras nie. Gaan kyk gerus op hul webblad vir meer inligting oor hul werk of om uit te vind hoe jy betrokke kan raak by die bewaring van luiperde. The Cape Leopard Trust.

Voetspore in die Fynbos is ook in Engels beskikbaar:

Ander Liza M. Roux-boeke wat in Afrikaans beskikbaar is:

Liza M. Roux se boeke wat in Engels beskikbaar is:

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.