Description
Kalahari Aktiwiteite & Joernaal
Oppad na die Kalahari? Die Kalahari Aktiwiteite en Joernaal is die perfekte boek vir jou gesinsvakansie in die Kalahari. Die boek kan gebruik word as ‘n gids om jou meer te leer oor wat en waar die Kalahari is, watter spesies daar voorkom en hoe hulle oorleef. Elke dier, voël en plant spesie wat in die boek aangedui word is individueel geïllustreer deur die talentvolle Ammie Miske. Daar is plek om die spesies af te merk, mooi inkleurprente en baie interessante feiteblaaie oor die mikrohabitatte in die Kalahari. Dit bevat ook ‘n kaart van die Kalahari en ‘n meer omvattende kaart van die Kgalagadi Oorgrenspark.
Soos in die vorige joernale deur Liza en Ammie, is daar ‘n ruim joernaal afdeling om jou vakansie herinneringe op te skryf en vas te vang. Die joernaal afdeling kan gebruik word vir foto’s, ekstra tieklyste, ‘n vakansie dagboek, sketse en nog vele meer.
Dit is ‘n lywige 64 bladsye boek met volkleur illustrasies van meer as 200 spesies van soogdiere, voëls, amfibieë, reptiele, goggas en plante. Daar is ook ‘n kampskattejag, ‘n spore tieklys en ‘n lys van die tawwe tien diere, tien spesies wat nie maklik in Suid Afrika gesien word nie, maar die Kalahari is ‘n goeie plek om hulle te soek.
Dit is ook beskikbaar in Engels as Kalahari Activities and Journal

Liza M. Roux se boeke wat in Afrikaans beskikbaar is:
- Ons gaan Krugerwildtuin toe
- Groter Krugerwildtuin Aktiwiteite en Joernaal
- Meegaande Krugerplakkers (“stickers”) ook beskikbaar
- Pilanesberg Aktiwiteite en Joernaal
- Meegaande Pilanesberg-plakkers (“stickers”) ook beskikbaar
- Kalahari (Aktiwiteite en Joernaal)
- Meegaande Kalahari-plakkers (“stickers”) ook beskikbaar
- Voetspore in die Fynbos
Liza M. Roux books available in English:
- We are going to the Kruger National Park
- Greater Kruger National Park Activities and Journal
- Kruger Stickers also available
- Pilanesberg Activities and Journal
- Pilanesberg Stickers also available
- Kalahari Activities and Journal
- Kalahari Stickers also available
- Footprints in the Fynbos
Saamgestelde / Bundled Products
- Groter Krugerwildtuin Aktiwiteite en Joernaal met plakkers
- Greater Kruger National Park (Activities and Journal) + Kruger Stickers
- Pilanesberg (Aktiwiteite en Joernaal) met plakkers (“stickers”)
- Pilanesberg Activities and Journal + Pilanesberg Stickers
- Kalahari Aktiwiteite en Joernaal + Kalahari Stickers
- Kalahari Activities and Journal + Kalahari Stickers






Reviews
There are no reviews yet.