Le Roux, J – Die Nederlandse Geloofsbelydenis

R65,00

34 in stock

SKU: BK_7NWTK311 Category:

Description

Die Nederlandse Geloofsbelydenis is een van die belydenisskrifte van die Gereformeerde kerke. In dié belydenisskrif word die Gereformeerde leer op ‘n tetiese wyse uiteengesit. Dit is daarom ‘n baie waardevolle geskrif wanneer iemand met die Gereformeerde leer op hoogte wil kom. Hierdie boekie is ‘n poging om die belydenisskrifte meer toeganklik te maak deur dit analities op ‘n grafiese wyse uiteen te sit. Op verskeie plekke moes van die presiese bewoording afgewyk word van die logiese uiteensetting. Aan die betekenisinhoud van die belydenis, is nie verander nie. Die bedoeling van die boekie is nie om ‘n wetenskaplik verantwoorde studie daar te stel nie, maar bloot om ‘n hulpmiddel aan te bied vir enige persoon wat op hoogte met die Gereformeerde leer soos uiteengesit in die Nederlandse Geloofsbelydenis wil kom.

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.