Floor, L – Immanuel

R120,00

31 in stock

SKU: BK_WGI95282 Category:

Description

God maak Hom in sy Woord bekend as ‘n God wat naby is en tegelyk ook as ‘n God wat ver is. Aan die begin van die Matteus-evangelieverhaal lees ons dat die Here vir Josef sê dat Jesus altyd met ons sal wees. Hy is Immanuel, God met ons (Matt. 1:23). Aan die einde van dieselfde evangelie verwys Jesus na die woorde wat sy Vader vir Josef gesê het. Jesus verklaar vir sy leerlinge: “Ek is Immanuel”. Hy sal altyd met hulle wees (Matt. 28:20). Jesus op aarde en Jesus in die hemel beteken: God is in Jesus Christus met ons. Maar hoe is God met ons? En hoe kan God in en deur Jesus met ons wees? God is alomteenwoordig. Hoe is dit vir ons ‘n werklikheid in die lewe van elke dag? Uit hierdie bundel preke sal duidelik word hoe ons die nabyheid van Christus in die lewe van elke dag kan ondervind. Ons sal sien dat Jesus dikwels op ‘n totaal ander manier met ons is as wat ons verwag. Die preke wil wys wat Jesus se nabyheid elke dag prakties vir ons beteken. En hoe ons dit kan ervaar. Daarom is die titel van hierdie bundel: Immanuel – God met ons.

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.