Floor, L – Voor sy troon en hier benede

R120,00

5 in stock

SKU: BK_OZWT72712 Category: Tags: , ,

Description

Titel

Voor sy troon en hier benede begin met: “Die psalmboek is letterlik en figuurlik die hart van die Bybel.” Inderdaad ‘n gepaste inleidende sin! Vir talle gelowiges reg oor die wêreld, is die psalms ‘n eksistensiële verbintenis tussen hulleself, die gelowiges in antieke Israel, die Ou en die Nuwe Testament. Vir baie gelowiges is dit ‘n gepaste samevatting van die totale kanon. In en deur die psalms kan elke moderne gelowige inderdaad saam met gelowiges van alle eeue voor God se troon kniel. Die titel van die boek is daarom so gepas want s die psalms bring die leser voor die grootheid, wysheid en almag van die Here te staan.

Op bladsy 11 skryf dr. Floor: ‘In die psalms openbaar God Hom deur middel van menslike ervaring.’ So word die psalmboek dan tematies na aanleiding van ‘n verskeidenheid menslike ervarings, emosies en handelings behandel. Sommige van hierdie temas is gebed, geloof, vreugde, wraak, vreugde, lofprysing en geestelike groei. Die oorsprong, karakter en natuurlike aard van die psalmbundel word ook op ‘n verstaanbare wyse bespreek.

Vir wie is dit geskryf

Voor sy troon en hier benede, is vir die gewone gelowige geskryf. Gelowiges worstel ook soms soos die psalmskrywers met woede, wraak, sonde of dalk twyfel. Ander kere is daar weer die belewing van verbasing oor die genade en grootheid van God teenoor die nietigheid van die mens. Dit is ‘n boek vol geloofstaal wat in die tradisie van die Reformasie gesetel is. Lyne word tussen die psalms en God se werk in Jesus Christus getrek. Verder word die tema van die opstanding ook vanuit die psalms bespreek. Nuwe benaderings tot die psalmbundel word nie behandel nie. Geykte leesmetodes word in eenvoudige taal gebruik om die psalms vir die leser te laat lewe kry.

Voor sy troon en hier benede is ‘n besondere boek. Dit bring elke gelowige opnuut te staan voor die wonder van die psalmbundel en die geloofskatte wat daarin opgesluit lê.

Preekbundels deur L. Floor

Bybelstudiemateriaal deur L Floor

 

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.