Venter, P – As daar lig is, is daar vrug

R40,00

10 in stock

SKU: BK_ZO1V9405 Category:

Description

Mag u in hierdie bundel die Woord van God met u hoor praat. Daar is sekerlik baie gebreke, maar ek hoop dat die lees en gebruik hiervan nie maar net sal gaan oor die beoordeling van ’n swakke dienaar se baie tekortkominge en hoe dikwels skrale vermoëns om God se Woord oor te bring nie. Mag die bundel elke keer maar net ’n saadjie van die Woord wees, wat grond toe val, met die hoop om wel dan vrug uit die grond te lewer. Mag die vrug hiervan dan boontoe groei, na waar God is, ons Vader in die hemel na wie Jakobus kon opkyk as die Vader van die ligte (Jak. 1:17). As daar dan wel lig en vrug is, dán is dit God se Woord wat werk om groei en vrug te lewer deur die lig van die Heilige Gees. Daar is drie boeke (geskrifte) in God se Woord wat as reekse by wyse van deurgewerk is. By nabaat wil ek dit graag saamvoeg en aanbied uit drie vreemde perspektiewe.

  • Rut, die dogter uit die vreemde (Moab)
  • Daniël, die jong seun weggeruk na die vreemde (Babel)
  • Maleagi, die profeet bring genade en verantwoordelikheid byeen, en wys vir ons dat God nie vir ons vreemd moet wees nie.

SOLI DEO GLORIA!

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.