Van der Westhuizen, H.G. – ‘n Wit dwaling

R50,00

Available on backorder

SKU: BK_IVKH6375 Category: Tag:

Description

Goeie kerkmense en eerlike volksgenote van die Afrikanervolk wat alles sal opoffer vir veiligheid, voortgang en ontwikkeling van kerk, volk en vaderland, word mislei met teksseleksies en ideologievorming asof die Afrikanervolk nageslag van Israel is. Vroeër het die Engelse dit vir hulleself toegeëien. Ongelukkig word daar in die ernstiger krisis wat vir die Afrikanervolk ontwikkel al meer gegryp na ‘n strooihalm vir redding. Dit strooihalm is dat God die Afrikanervolk nie grootliks sal laat agteruit of tot niet gaan nie – omdat hy minstens ‘n deel sou wees van die uitverkore Godsvolk. Hierdie bygeloof beroof die aanhangers daarvan van gesonde, breë, diepgaande, ernstige en volle verantwoordelikheid vir die stryd van die Afrikanervolk. Hierdie publikasie wil opnuut die genoemde strooihalm as ‘n nuttelose ideologie identifiseer. Hierdie boekie is eerstens bedoel dat die ideologiese Israeliete wat dit verstandig lees deur die Heilige Gees tot insig gebring sal word. Van dergelike gevalle is in die publikasie ter sprake. Tweedens moet ampsdraers en lidmate wat deur dié ideologie geteister word hierdie geskrif bestudeer. Derdens, kan alle gelowiges van hierdie, vir sommige aantreklike maar verwerplike dwaling grondig kennis neem.

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.