Van Alten, H.H. (Erik) – Proe die profete

R135,00

53 in stock

Description

Proe die Profete – Erik van Alten

“En Hy sê vir hulle: Dit is die woorde wat Ek met julle gespreek het toe Ek nog by julle was, dat alles wat oor My geskrywe is in die wet van Moses en die profete en die psalms, vervul moet word.” – Lukas 4:24

Ten spyte van die prominensie van die profete is dit vir gelowiges dikwels een van die moeilikste genres. Moeilik om te lees, te verstaan, en lering daaruit te trek.

Preke en oordenkings (2021)

Die bundel bevat ’n reeks preke en oordenkings. Die reeks begin met die ontstaan van die profete-amp in Deuteronomium 18. Daarna kom enkele profete aan die orde wat nie ’n geskrif in hulle naam nagelaat het nie (die sogenaamde nie-Skrifprofete: Moses, Samuel en Elia).   Ons sluit hierdie reeks (voorlopig) af deur in chronologiese volgorde na die eerste groep Skrifprofete te kyk (die Skrifprofete van die sogenaamde Assiriese periode): Jona, Amos, Hosea, Miga en Jesaja.

Die doel van die preke was nie om ’n indringende behandeling van elke hoofstuk en vers van elke profeet te bied nie, maar eerder ’n oorhoofse oorsig van elke profeet en sy boodskap in sy historiese konteks te gee. Immers, sommige boeke van die Bybel verstaan jy eers wanneer jy terugstaan en die geheel oorsien. Die oordenkings het ten doel om hierdie hooflyne aan te vul en in te kleur met enkele detailgrepe.

Proe die profete  is ’n samevoeging van die preke en die oordenkings in die volgorde waarin ek hulle aangebied het. Die leser sal daarom opmerk dat die preke afgewissel word met die oordenkings wat by die betrokke preek pas. Inhoudelik het niks verander nie omrede die preke/oordenkings aangebied is vir ’n spesifieke gemeente in ’n spesifieke konteks in 2021. A la die profete. Ook die liturgie vir die eredienste waarin die preke gehou is, is vir die grootste deel onveranderd gelaat. Ek vertrou dat die boodskap vir die leser nie al te vreemd in die ore sal klink nie.

Indeling van die profete:

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.