Pienaar, D – Pitkos tot Nadenke

R250,00

2 in stock

Description

Pitkos tot Nadenke: God is by sy kinders betrokke. Die woordblokke poog op ’n beskeie manier om sommige van hierdie Bybelse hoogtepunte toe te lig. Elke deelnemer sal pitkos kan delf uit hierdie alledaagse tydverdryf.

Sommige woordblokke in Pitkos tot nadenke verg meer naslaanwerk, aangesien daar nie altyd maklike, klinklare antwoorde is nie. Die liefde vir die Woord van God kleur egter ons lewens in verskeie skakerings, wat die soekwerk deurgaans die moeite werd maak. Iemand het geskryf: “We can not force someone to hear a message they are not ready to receive. But we must never underestimate the power of planting a seed.”

Maar belangriker: Elke woord wat gebruik word, moet samehangend met die ander, ’n groter betekenis dra as net “lettergroepe in selle”, omdat die Here deur ’n klein “lampie” sy lig helder kan laat skyn. Die psalmdigter gee ’n gepaste beskrywing hieroor: Die opening van u woorde gee lig; dit maak die eenvoudiges verstandig (Ps. 119:130).

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.