Description
Belydenisse van Augustinus
In sy belydenisse is daar geen sweem van selfregverdiging nie: Aurelius Augustinus is doodeerlik oor sy sondes en geestelike dwaling. Kleintyd wou hy sy sin hê – eerder speel as leer; eerder wen as verloor. Puberteit is by hom ’n tyd van vrugte steel en buitengewone seksuele ontwaking. As student raak hy die spoor so te sê byster weens sy liefde vir strydwawedrenne, gladiatorvertonings én sy “verliefdheid op die liefde”. Hy was egter ’n briljante retoriekstudent en het later in dié vakgebied doseer. Tog het Augustinus bewus gebly van ’n leemte in sy lewe en het bly soek na die sin daarvan. Eintlik het hy bly soek na God: “Wie sal my dit skenk dat U in my hart inkom sodat ek my sonde kan vergeet en U kan aangryp?” Ná sy uiteindelike bekering en doop vind hy sy rus in God en kan getuig: “Nie wat ek was nie, maar wat ek nou is …”






Reviews
There are no reviews yet.