Description
Strauss, S – Gee julle vir hulle iets om te eet
Huisbesoek is ’n uitdagende taak waarvoor min ampsdraers opgewasse voel. Gesprekke tydens huisbesoek verval dikwels in die alledaagse wat met ’n kort stukkie Skriflesing en gebed afgesluit word. Diepgaande gesprekke oor geestelike sake vind selde plaas. Dit is daarom noodsaaklik om hulpbronne beskikbaar te stel wat hiermee kan help. Gee julle vir hulle iets om te eet bevat dertig huisbesoekkonsepte wat ampsdraers bemagtig om planmatig en deeglik huisbesoek te doen. Elke konsep bevat ’n doelwitstelling, ’n teksgedeelte vir Skriflesing, agtergrondmateriaal vanuit die Drie Formuliere van Eenheid wat die onderwerp dien, aktuele besprekingsvrae, ’n verduideliking van die teksgedeelte en voorstelle vir ’n gebed. Die tematiese Skrifindeks agterin is veral waardevol.
Mag hierdie boekie ’n bydrae lewer om ampsdraers te bemagtig om Jesus Christus as die Brood van die lewe aan hulle wat honger en dors na geregtigheid, te bedien.
Dertig konsepte vir gebruik tydens huisbesoek, Bybelstudie (kleingroepe) of huisgodsdiens.






Reviews
There are no reviews yet.