Northwood, J.N. – Vrede Vreugde Getrouheid (Vrugte Van Die Gees 1)

R125,00

5 in stock

Description

Vrugte van die Gees: Vrede, vreugde, getrouheid is een in ‘n reeks van 3 kinderboeke wat gebaseer is op die Vrugte van die Gees in Galasiërs 5:22–23 in die Bybel: “Maar die vrug wat die Gees voortbring, is: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing”.
Elkeen van die drie boekie  handel dan ook oor drie spesifieke vrugte van die Gees. Elke boekie bevat ’n storie, Bybelstorie, Bybelles, gebed, Bybelvers en ’n praktiese uitdaging vir elke spesifieke vrug in die boek. Al die boeke is helder en kleurvol gedruk.
Pikkie Pynappel en Saartjie Suurlemoen verskyn in al die stories saam met die bepaalde vrug wat in daardie storie voorkom. Hierdie vrug leer vir Pikkie en Saartjie ’n karakterles in verhouding tot die Vrug van die Gees wat hulle voorstel.
Die Vrugte van die Gees-reeks is geskryf om klein mensies te leer, te bemoedig en te inspireer oor God se karakter, sodat hulle kan uitstaan en hierdie karaktertrekke ontwikkel regdeur hulle lewens. Dit help ook ouers om hulle kinders Bybelse waarhede te leer.

Besonderhede van die boekie:

  • Splinternuut!
  • Hardeband
  • Uitgegee deur Struik Christian Media
  • Publikasiedatum: 2022
  • ISBN 9781415342817

Skakels na ander boekies in die reeks:

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.