Description
Eva in ballingskap
In Eva in ballingskap neem Rebekah Merkle die stand van vrouwees in Amerika in oënskou en kom tot die gevolgtrekking dat die twee vorige golwe van feminisme wat Amerika beleef het, die eerste golf vir vrouestemreg, die tweede vir vroueregte om vrye toegang tot geboortebeperking en selfs aborsie te hê, vrouwees in ballingskap en die samelewing in ellende gedompel het. Te midde van die derde golf van feminisme is Merkle se oplossing dat vroue na die rol waarvoor hulle ontwerp is, moet terugkeer. In die lig van daardie rol breek die boek die stereotipe van vroue in die 1950’s en van die tradisionele rol van huisvrou en ma-wees af, en bevraagteken die definisie van ’n huisvrou deur te verduidelik wat die bepaalde rol is waarvoor sy ontwerp is. Al was vroue verantwoordelik vir die huidige staat van ellende waarin vrouwees tans verkeer, is dit ook vroue wat die gemeenskap weer kan herstel. “As vroue ’n nasie kan afbreek, kan vroue ’n nasie ook weer opbou.” In hierdie boek wys Merkle hoe dit gedoen kan word en hoe vroue weer vervulling kan vind.






Reviews
There are no reviews yet.