Meijer, J.W. – Rolspelers by die Reformasie

R130,00

50 in stock

SKU: BK_9Z6S1318 Category:

Description

By herdenkings van belangrike historiese gebeurtenisse, word die aandag onvermydelik op die leidende figure gerig. Hervormers, pouse en konings, wat hulle gedoen het en wat die gevolge van hul optrede was, word dan voor die voetlig gebring. Dit is verstaanbaar dat die hoofrolspelers die aandag trek, hul optrede het immers die loop van die geskiedenis verander. Maar daar is ook ander persone, minder opvallend, maar tog die moeite werd om in herinnering te roep. Daar was in die Reformasietyd groot voorgangers, martelare en geloofshelde, maar daar was ook eenvoudige gelowiges wat, dikwels naamloos, getrou hul bydrae gelewer het. Daar was ook twyfelaars, mense wat vir martelaarskap weggeskram het; en dan was daar hulle wat die evangeliese leer slegs ten dele gevolg of na hul eie behoefte misvorm het. Daar was ook dié wat die Reformasie teengestaan het en hul pogings om dit te bestry het juis ander mense tot die insig van die waarheid gebring. Van al hierdie rolspelers by die Reformasie wil hierdie boekie ’n aantal na vore bring sodat die verhaal van die kerkhervorming meer diepte mag kry. Die groot verskeidenheid en onderlinge verskille mag toon dat mensverheerliking geen rol gespeel het by die keuse van onderwerpe nie. Daar is wel gepoog om verskeidenheid te handhaaf en ook meerdere streke van Europa te betrek. Mag die kort sketse van hierdie bundel daartoe bydra dat die verhaal van die Hervorming vir die leser meer diepte en kleur kry.

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.