Swanepoel, Adriaan – Die katte van Kathu sit hul dorp oppi mêp

R65,00

11 in stock

Description

“Die katte van Kathu sit hul dorp oppi mêp, deur Adriaan Swanepoel, is ’n vrolike kinderboek wat die waarde van deursettingsvermoë, waagmoed en spanwerk baie mooi na vore bring.

Die katte van Kathu is ’n spesiale klomp katte wat nie skroom om ’n nuwe uitdaging aan te pak nie. Hulle kyk die kat eers goed uit die boom toe ’n nuwe kat in die dorp kom bly. Nie lank daarna nie, besluit hulle om saam te werk om die mense te laat besef hoe belangrik die dorpie, Kathu, is.

Met die slim spel in die katte se name, leer die kleinspan gou die betekenis van moeiliker, abstrakte woorde. Hulle leer van familiebande en die belangrikheid om ongeag uitdagings, vas te byt en jou droom te verwesenlik.”

Rina Noëth (Vakadviseur: BCVO)

Ouers sal die sinspelings en gebruik van idiome amusant vind!

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.