Ester en die koning (Ek kan lees!)

R30,00

3 in stock

SKU: BK_M267D2766 Category: Tags: , ,

Description

Ester en die koning: Dit is nooit te vroeg om vir jou kleinding te begin lees nie. Daar is soveel voordele daaraan verbonde om boeke saam met klein kindertjies te lees. Lees verskaf die boustene vir hulle taalvaardigheid, stimuleer verbeelding en help kinders om van die wêreld om hulle te leer. Om vir ’n kind te lees is ’n ervaring wat ’n lewenslange liefde vir lees en leer bevorder. Die Ek kan lees!-reeks is die ideale manier om jou kind se leesvaardighede te ontwikkel en terselfdertyd hulle geestelike ontwikkeling aan te wakker.

In die Ek kan lees!-reeks se beginnersvlak word 3- tot 6-jariges bekendgestel aan die wonderlike wêreld van lees met geloofsgebaseerde stories om hulle te lei om God se Woord lief te hê. In Ester en die koning moet die dapper Ester, ’n jong Joodse meisie wat koningin word, haar mense probeer red. Sal die koning na haar luister? Is dit hoekom God haar koningin gemaak het?

Ontwikkel kinders jaar se leesvaardighede en wakker terselfdertyd hulle geestelike ontwikkeling aan.
Eenvoudige taalgebruik, woordherhaling en kleurvolle illustrasies maak hierdie boekie ideaal vir saamlees-tyd met jong kinders.
Ook beskikbaar in Engels onder die titel Esther and the King.

Sagteband
32 Bladsye
Grootte: 210 x 150 x 3 mm

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.