Sale!

Boon, Pieter & Jenny – Kerkgeskiedenis vir jonk en oud (30-500 AD)

Original price was: R270,00.Current price is: R220,00.

5 in stock (can be backordered)

SKU: BK_7YH612757 Categories: , Tag:

Description

Kerkgeskiedenis vir jonk en oud: Hierdie is die eerste boek in ‘n reeks wat bedoel is om die kerkgeskiedenis toeganklik te maak vir jonk en oud. Deur middel van verhale, interessante feite, foto’s, kaarte en illustrasies word die leser saam op reis geneem na die eerste vyf eeue. Lees hoe die Christene geleef het, moes standhou in tye van vervolgings en dwaling, maar bowenal hoe Christus in hierdie eeue sy kerk bewaar het. Die kerk het begin as ‘n klein mosterdsaadjie in Jerusalem. Na vyf eeue het dit uitgegroei tot ‘n boom wat oor die hele Romeinse Ryk en selfs so ver as lerland en Indië gestrek het.

In ‘n ekstra bylae is daar kunsvlytprojekte waarmee die stof nog beter vasgelé kan word.

Pieter Boon is predikant in die Vrye Gereformeerde Kerk Maranata (Pretoria) en het ‘n PhD in kerkgeskiedenis. Sy vrou, Jenny, is kunstenaar en illustreerder met ‘n besondere belangstelling in kerkgeskiedenis en die skryf van stories vir kinders.

‘n Tipiese hoofstuk bestaan uit die volgende:

  • Die verhaal
  • Opsomming (eenvoudige inligting oor die hoofstuk) wat geskik is vir laerskoolkinders
  • Verdieping – inligting oor die hoofstuk wat meer gefokus is op hoërskoolkinders
  • Het jy geweet? – interessante  feite
  • Betekenis vir vandag – aktualiteit vir vandag.

Hierdie boek is ook in hardeband beskikbaar – prys op aanvraag!

 

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.