Askes, H – Ouderling: Ampswerk met vreugde

R125,00

18 in stock (can be backordered)

SKU: BK_I1G3Q203 Category: Tags: , , ,

Description

Ouderling: Ampswerk met vreugde.

Dit titel van die boek stel baie duidelik waaroor dit gaan, naamlik die vreugde in die roeping tot ouderling. Hierdie roeping van vreugde in die amp kom sterk na vore.

“Maar dink daaraan: Wie spaarsamig saai, sal ook spaarsamig maai; en wie volop saai, sal ook volop maai.” (2 Kor. 9:6) … Hierdie handleiding is bedoel vir alle Bybelgetroue ouderlinge; asook vir enige iemand wat dit nuttig mag vind. Vir ervare ouderlinge wat dalk voel dat hulle in ‘n groef beland het, asook vir onervarenes wat pas ouderling geword het en hulleself afvra wat van hulle verwag word.

In hierdie handleiding word nie stilgestaan by die ontstaan van die rol van die ouderling deur die eeue of ander swaar teologiese beskouings nie. Daar word ‘n poging aangewend om na die ouderling as persoon te kyk volgens die eise van die Skrif in die 21ste eeu. Wanneer ouderlinge opreg, met geesdrif en oortuiging hul werk doen, sal die Here sorg dat die Gees die lidmate (na binne en na buite) inspireer. Maar, dan moet die ouderlinge die Woord van God ywerig ondersoek en hulle gedurig oefen in die bepeinsing van die verborgenhede van die geloof.

Die deurwerk van hierdie boek deur elke ouderling kan die ouderling opnuut van krag en roepingsbewustheid vervul vir die map wat hy beklee in die kerk van Jesus Christus. ‘n Handige indeks agterin help om ‘n spesifieke onderwerp te vind.

Skakels na ander boeke oor hierdie onderwerp:

Oor die boek self:

  • Nuut
  • Sagteband
  • 156 bladsye (met naslaanregister)
  • uitgegee deur Die Boekuitgewers
  • ISBN 978-0-9947242-0-5

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.