Description
Die Allernoodsaaklikste Derde Party in die Huwelik en Gesin
Uit die pen van Flip Buys en Amanda du Plessis kom ‘n allernoodsaaklike boek vir die huweliks- en gesinslewe. Hulle deel hierin nie alleen kennis en bedieningservaring nie, maar ook – sonder om dit direk te noem – van hulle eie lewenservaring: die werk wat God deur sy Woord en Gees in húlle lewe gedoen het. Belangrike temas soos kommunikasie en konflikhantering, woede en aggressie, finansies, seksuele eenheid, ouerskap, vriendskapsverhoudings tussen seuns en dogters en – ‘n baie belangrike hoofstuk – kinders se verantwoordelikhede teenoor hulle ouers, word in hierdie publikasie aangeraak.
Reviews
There are no reviews yet.