Groenewald, E.P. – Handboek Bybelse Geskiedenis: Nuwe Testament

R300.00

4 in stock

SKU: BK_GTGJ1291 Categories: ,

Description

Handboek Bybelse Geskiedenis: Nuwe Testament

Die doel van die boek is dieselfde as dié van die Ou Testament. Daarby egter enkele aanmerkings: Die werk is bedoel as ‘n handleiding vir die kennis van die Bybelse geskiedenis. Daarom val die nadruk op die historiese verloop van gebeurtenisse, en die chronologiese volgorde waarin gebeurtenisse plaasgevind het. Hierdie doelstelling plaas die skrywer voor onoorkomelike probleme.

In Handboek Bybelse Geskiedenis: Nuwe Testament is gepoog om die Evangelies tot ‘n deurlopende “geskiedenis van Jesus” te verwerk. Daarvoor is beslissinge nodig in verband met die volgorde van gebeurtenisse. Dit is onderneem met inagneming van die beskikbare gegewens en met groot eerbied vir die Skrif, maar ook in die wete dat daar moontlik ‘n ander volgorde kan wees as dié waaraan die skrywer voorkeur gegee het. In die behandeling van die “geskiedenis van Jesus” is gepoog om al die gegewens van die vier Evangelies ter sprake te bring. Die betrokke Skrifgedeeltes word uitvoerig aangedui ten einde die leser aan te spoor om die Bybel self te raadpleeg.

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.