Van der Westhuizen, H.G. – Aanbid God

R30,00

3 in stock

SKU: BK_8QHUI376 Category:

Description

Die positiewe verhouding tot God kan in drie opsigte tot uiting kom. Om die Naam van die Here aan te roep is elementêr. Só het mense in die dae van Enos begin om hulle tot die Here te wend. Om die naam van die Here net af te toe aan te roep is nie voldoende nie. Ons moet ook daarteen waak om die Here nie net aan te roep as ons in nood verkeer nie. Ons moet voluit die Here dien. Hoe ons die Here moet dien, kan op die voetspoor van die Heidelbergse Kategismus aan die hand van veral die Tien Gebooie verduidelik word. Maar om die Here daagliks in al ons denke, woorde en dade te dien en sy Naam sporadies aan te roep, is ook nog nie voldoende nie. Tot aan die einde van die Bybel sien ons dat die Here aanbid moet word. Uit hierdie fasette wat in wese één is, wil ons veral aan die gestalte van die aanbidding in hierdie werkie verder aandag gee. Die aanbidding neem vorm aan rondom die twee pole: Godshuisdiens en huisgodsdiens. Hierdie werkie is vir die gewone kerklike leser bedoel  – en selfs vir die wat verflou het? “Laat die woorde van my mond en die oordenking van my hart welbehaaglik wees voor U aangesig, o HERE, my rots en my verlosser.” (Ps. 19:5)

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.