Van Alten, H.H. (Erik) – Proe die profete

R110,00

8 in stock (can be backordered)

SKU: BK_1MOP11155 Categories: ,

Description

“En Hy sê vir hulle: Dit is die woorde wat Ek met julle gespreek het toe Ek nog by julle was, dat alles wat oor My geskrywe is in die wet van Moses en die profete en die psalms, vervul moet word” (Luk. 24:44).

Maar ten spyte van die prominensie van die profete, in sowel die Joodse “Bybel” as die Protestantse Ou Testament, is dit vir gelowiges dikwels een van die moeilikste genres om te lees, te verstaan, en lering daaruit te trek.

Om hierdie leemte aan te spreek, het ek in 2021 ’n reeks preke en oordenkings vir die Vrye Gereformeerde Kerk in Pretoria voorberei en aangebied. Die reeks begin met die ontstaan van die profete-amp in Deuteronomium 18. Daarna ondersoek ek enkele van daardie profete wat nie ’n geskrif in hulle naam nagelaat het nie (die sogenaamde nie-Skrifprofete: Moses, Samuel en Elia). En ek sluit hierdie reeks voorlopig af deur in chronologiese volgorde na die eerste groep Skrifprofete te kyk (die Skrifprofete van die sogenaamde Assiriese periode): Jona, Amos, Hosea, Miga en Jesaja. Die doel van die preke was nie om ’n indringende behandeling van elke hoofstuk en vers van elke profeet te bied nie, maar eerder om ’n oorhoofse oorsig van elke profeet en sy boodskap in sy historiese konteks te gee. Immers, sommige boeke van die Bybel verstaan jy eers wanneer jy terugstaan en die geheel oorsien. Die doel van die oordenkings, daarenteen, was om hierdie hooflyne aan te vul en in te kleur met enkele detailgrepe.

Hierdie boekie is ’n samevoeging van die preke en die oordenkings in die volgorde waarin ek hulle aangebied het. Die leser sal daarom opmerk dat die preke afgewissel word met die oordenkings wat by daardie betrokke preek pas. Inhoudelik het ek niks verander nie – die preke en die oordenkings is aangebied vir ’n spesifieke gemeente in ’n spesifieke konteks in die jaar 2021. A la die profete. Ook die liturgie vir die eredienste waarin die preke gehou is, het ek vir die grootste deel onveranderd gelaat. Ek vertrou dat die boodskap vir die leser nie al te vreemd in die ore sal klink nie.

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.