Le Roux, J – Die Dordtse Leerreëls

R95,00

9 in stock

SKU: BK_7SF7X309 Category:

Description

Oor die leer van die uitverkiesing was daar gedurende die 17e eeu ernstige verskil in die Gereformeerde Kerke in Nederland. Die verskille het by die Sinode van Dordrecht (1618/19) uitgeloop op die Dordtse Leerreëls of die Vyf artikels teen die Remonstrante. Die belydenisskrif is die uiteensetting van die Gereformeerde leer oor die verlossing van die gevalle mens. Die uitverkiesing, die werk van Jesus Christus, die verdorwenheid van die mens en sy bekering tot God en die volharding van die gelowiges kom aan die orde. Na die uiteensetting van die suiwere leer, word telkens die dwalings weerlê. Hierdie uiteensetting van die Dordtse Leerreëls is bedoel as hulpmiddel om die belydenisskrif makliker te kan verstaan. Dit word nie aangebied as ‘n wetenskaplike studie nie, die Dordtse Leerreëls self word ontleed en grafies uiteengesit. Sover moontlik is die bewoording van die Dordtse Leerreëls self gebruik, maar ter wille van logiese opbou, moes hier en daar daarvan afgewyk word, maar die betekenis word nie verander nie.

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.