Description
Op Dinsdagmiddag 13 November 1618 het die “Internasionale” Sinode van Dordrecht in Nederland begin. Ongeveer 6 maande later, op Maandagoggend 6 Mei 1919, het die Sinode tot ‘n einde gekom. ‘n Week later, op 13 Mei 1619, is daar voortgegaan met ‘n “Nasionale” Sinode wat tot Woensdag 29 Mei vergader het. Vandag ken ons die twee vergaderings tesame as die Sinode van Dordrecht 1618/19, ‘n bakermat-gebeurtenis in die geskiedenis van die Gereformeerde Kerke wêreldwyd. Tydens die jaarlikse Reformasie Konferensie wat gedurende Augustus 2018 op verskillende plekke in Suid-Afrika gehou is, is aandag geskenk aan drie groot sake wat by daardie Sinode(s) gedien het. Dit raak die besluite insake die Skrif, die belydenis en die kerkorde. In hierdie bundel vind u ‘n weergawe van die voordragte wat gelewer is. Die hoop en bede word uitgespreek dat die bundel ‘n bydrae sal lewer tot die (her)waardering van Dordt 1618/19. Vierhonderd jaar later en ongeveer 10 000 km weg vanaf Dordt mag ons hier in Suid-Afrika beleef dat die Here se Woord nie verander nie.
Reviews
There are no reviews yet.