Buys, Wikus e.a. (reds.) – Die Christen en sy werk

R190,00

Available on backorder

SKU: BK_Z226O1034 Category: Tags: , ,

Description

“Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen; maar die sewende dag is die sabbat van die Here jou God; dan mag jy géén werk doen nie.”

Hierdie woorde uit Eksodus 20 is aan baie Christene bekend, juis omdat dit so gereeld voorgehou word as deel van die Wet van die Here. Wanneer die vierde gebod opgesom word, is die fokus dikwels, tereg, op die Sabbat – die sewende dag waarop die mens nie mag werk nie. Dit is egter van groot belang dat hierdie gebod se eerste bevel dit duidelik stel dat die gelowige vir ses dae moet werk, en al sy werk moet doen.

Die tema van werk is vandag nog ’n gewigtige kwessie. Heelparty mense rig hul ganse lewe rondom hul werk in. Die dorp of stad waar hulle woon; skole waar hul kinders onderrig word; toekomsplanne wat hulle maak; en selfs vriende wat hulle kies, word grootliks deur hul werk beïnvloed. Benewens hierdie fokusareas, het werk verskeie dieper betekenisse vir die Christen: Wat is die verband tussen ons werk en ons identiteit? Hoe skakel ons geloof en ons werk by mekaar in? Hoe dink ’n Christen oor rus, kompetisie, en werkverslawing?”

In Die Christen en sy werk: Etiese aspekte in die werkplek (onder redaksie van Wikus Buys en Paul Maritz) ondersoek 15 verskillende skrywers uit uiteenlopende agtergronde en beroepe die kwessie van werk en watter lesse daaroor uit die Bybel geput kan word.

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.