Bogaards, A.H. – Galasiërs: Jesus Christus alleen

R125,00

6 in stock

SKU: BK_MO5UJ1362 Category:

Description

Luther het eenmaal gesê: Met die leerstuk van die regverdigmaking deur die geloof alleen staan of val die kerk. Die brief van Paulus aan die Galasiërs handel juis oor hierdie belangrike leerstuk.
Deur die eeue heen was hierdie leerstuk die teiken van die Satan se aanslag. Juis dit is in Galasiërs in die geding: die mens wat ‘n streep wil trek deur die alleen – deur die geloof alleen, deur Christus alleen.
Die evangelie van Jesus Christus alleen val nie in die smaak van die mens nie – ook nie die mens van die een-en-twintigste eeu nie. Daarom skiet die Jesus-plus-godsdienste, Jesus plus ons werke, soos paddastoele op.
Dit gaan teen ons grein in dat ons heeltemal niks kan doen nie; dat God in Christus alles doen en moet doen. Dit sit in elke mensehart. Daarom het God hierdie brief noodsaaklik geag vir sy kerk van alle eeue.
Die mens wil ‘n streep trek deur die alleen, maar Galasiërs trek ‘n dik streep deur die mens se pogings om ‘n bydrae tot sy eie saligheid te lewer. Daarteenoor onderstreep dit die evangelie van Jesus alleen. Alleen deur Jesus Christus word ons verhouding met God herstel, alleen deur Hom word ons geregverdig en alleen deur Hom is daar vrugte van dankbaarheid in ons lewens. Daarom dra hierdie hand-leiding ook die titel “Jesus Christus alleen”.

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.